Meer oor Ri’s Werkswinkel se Dienste
Ri's Werkswinkel is in 1986 begin deur wyle Mnr Peet Mouton met die doel om die boerdery gemeenskap in Heilbron te help met trekkerherstelwerk. Hierdie eens klein besigheid wat as mobiele werkswinkel begin het, het
vinnig uitgebrei tot 'n gevestigde werkswinkel in Heilbron, waar Peet se hele gesin betrokke geraak het in die werkswinkel, ingenieurswerke en kantore.
Twee van Peet Mouton se seuns, Jaco en Pieter, het later die besigheid oorgeneem en is steeds in beheer van sake by Ri's Werkswinkel.
Daar was spoedig verdere uitbreidings en Ri's Werkswinkel beskik tans oor volle motor-ingenieurswerke, 'n volledige dieselpompkamer,
spuitverf-fasiliteite en 'n volledige moderne trekkerwerkswinkel.
Ri's Werkswinkel doen ook groot kontrak werk. Alhoewel die Mouton se besigheid spesialiseer in Ford en New
Holland trekkers, doen hulle ook werk aan alle ander fabrikate en implemente.
Besoek die Werkswinkel om meer te
sien.
Met 'n landswye kliënte basis, so ver as Port Elizabeth tot Komatipoort, bly kliënte telkens terugkom vir persoonlike diens en uitstaande dienslewering onder een dak.
Kontak die
Mouton-broers: Pieter of
Jaco by 058 852 2416 of stuur 'n eposnavraag
Ri’s Werkswinkel is jou EEN-STOP-DIENS!
|